Die versies verplaas ons bo-op die Rand, ongeveer waar Johannesburgnou lê. Daar het oom Gert, 'n trekker, met vrou en enigste dogter,gaan woon. Later kom oom Koos, 'n kolonis, wat in die nabyheid grondgekoop het. Sy seun Willem raak verlief op Dina, oom Gert se dogter.Nadat die twee families saam Perdekraal-fees gevier het, gaan Willemen Dina trou.
Die tweede versereeks beskrywe die ontdekking van die goudvelde en dieopkoms van Johannesburg, maar ook die verleiding waaraan Willem enDina, wat by oom Gert inwoon, blootgestel is en waarvoor hulle beswyk.Die tweede stuk eindig dan met die groot Boer-Britse oorlog.
Die derde versereeks verplaas ons in die tyd toe die Unie tot standgekom het, en beskryf die treurige einde van oom Gert en Dina.
Dis die simpele storie waarop die hele gedig gebou is. Ons kan hiernog byvoeg dat die S.A. Akademie, deur die vrygewigheid van genl.Hertzog, in staat gestel is om jaarliks 'n milde geldprys virletterkundige werke uit te loof. Die prys vir 1915 is aan hierdiegedig toegeken.